8 Gevaartekens van geestelike aanslae

Soveel Christene word onkant betrap deur geestelike aanslae.

geestelike-aanslae

Wanneer dit kom by ‘n geestelike aanslag, is dit noodsaaklik om die waarskuwingstekens vir oorlewing te erken:

1. Verlies van geestelike begeerte.
Die doel van enige geestelike aanval is om jou weg te trek van dit wat Jesus in jou lewe wil doen. Dit is hoekom die eerste gevaarteken van geestelike aanslag die verlies van geestelike begeerte is. Ons lewe nie net op gevoel nie, maar daar is ‘n verskil tussen om iets te doen omdat jy verplig voel en iets doen omdat jy vreugde vind daarin. Wanneer jy vreugde vind in die Here, kan niks daarmee vergelyk nie. Iemand wat passievol is vir Jesus Christus, vind plesier in die dinge van God.

2. Fisiese moegheid/uitputting.
Die tweede gevaarteken is fisiese moegheid/uitputting. Dit klink dalk nie baie geestelik nie, maar hou in gedagte dat God ons geskep het — gees, siel en liggaam. Wanneer my liggaam swak is, laat my verstand (siel) dinge makliker in, en dan word my gees ook makliker geaffekteer deur negatiewe dinge. Baie keer ervaar ons ons grootste aanslae net voor ‘n groot promosie of net na ‘n groot oorwinning. Let op daarna wanneer jy deur sulke tye gaan — ‘n aanslag kan ‘n goeie indikasie wees dat jy op die punt is om bevorder te word, of sopas ‘n groot oorwinning behaal het.

3. ‘n Gebrek aanslag.
Die derde gevaarteken is dat jy ‘n gebrek aanslag ervaar. Daar is tye wanneer dit voel of al jou hulpbronne opgedroog het op dieselfde tyd. Die vyand val jou juis in hierdie area aan sodat jy jou oë van Jesus sal afhaal en op finansies fokus. Sodra hy jou in ‘n plek van bekommernis kan kry in plaas van ‘n plek van aanbidding, sal jy begin om besluite te maak op grond van geleenthede, eerder as salwing. Jy moet altyd onthou dat daar twee tye in jou lewe is waar jy uiters kwesbaar is: wanneer jy niks het nie, en wanneer jy alles het. Bly altyd naby aan Jesus Christus deur die goeie tye, sowel as die slegte tye.

4. Swak gebedslewe.
Die vierde gevaarteken is ‘n verswakking in jou gebedslewe.
Jesus het teruggekom na die drie dissipels toe en toe sien Hy hulle slaap. Hy het vir Petrus gevra: “Hoekom kon julle nie een uur saam met My wakker bly nie? Julle moet wakker wees en bid dat niks sal gebeur wat julle sal laat sonde doen nie. Die mens se gees wil graag doen wat reg is, maar die mens self is te swak om reg te doen.” (Matt. 26:40-41 NLV).

5. Gevoel van oorweldiging en hulpeloosheid.
Voel jy oorweldig deur jou omstandighede? Dit kan ‘n teken wees van geestelike aanslag. Wanneer jy oorweldig voel is dit asof jy omring word deur dit wat aangaan. Dit vat nie lank vir gevoelens van oorweldiging om na hulpeloosheid te lei nie. Die Bybel sê, “’n Uitgestelde hoop maak die hart siek” (Prov. 13:12). Daar staan ook geskrywe, “Geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb. 11:1). As die vyand dit(uithaal) jou sover kan kry om hoop te verloor, kan hy jou sover kry om nie met geloof te lewe nie.

6. Opduik van ou gewoontes en leefwyses.
Die sesde gevaarteken van geestelike aanslag is wanneer ou sondes weer hul verskyning begin maak in jou lewe. Hierdie sondes is gewoonlik ou gewoontes waarop jou siel wil terugval wanneer dinge in jou lewe begin moeilik raak — vleeslike begeertes. Wanneer dit begin gebeur, moenie die Heilige Gees se waarskuwings ignoreer nie.

7. Wegtrek van Goddelike verhoudings/vriendskappe.
Wanneer ou sondige gewoontes begin kop uitsteek, is die volgende teken van geestelike aanslae gewoonlik kort op sy hakke: wegtrek van geestelike verhoudings/vriendskappe. Kyk om jou rond. Het jy al begin wegtrek van verhoudings met mense by die kerk of by jou kleingroep? Is die meerderheid van jou vriende meer gefokus op die vleeslike as op die geestelike? Indien dit die geval is, is jy besig om rond te struikel op die slagveld en die vyand het ‘n groot teiken op jou kop gerig.

8. Vyf “Moenies” om die vyand se aanslag te breek.
Sodra jy opstaan teen die vyand se aanslae, is daar vyf “moenies” wat jy moet onthou:

  1. Moenie vergeet wie jou gemaak het nie. God het jou geskep met storms in gedagte. Hy het jou toegerus daarvoor en jy(uithaal) deur Hom sal jy die aanslae kan teenstaan.
  2. Moenie die tyd en plek van gebed begewe nie. Twee dinge wat uiters belangrik is vir ‘n suksesvolle gebedslewe is (1) ‘n tyd van gebed en (2) ‘n plek van gebed.
  3. Moenie vergeet van ‘n plek van krag nie. Jou kerk is ‘n plek van krag.
  4. Moenie vergeet van die krag van vennootskap/samewerking nie. Dit is goed om in mense se geselskap te wees wat meer lewenskennis het as jy en wat jou goeie raad kan gee.
  5. Moenie jouself ontkoppel van pastorale beskerming nie. Moenie wag totdat die vyand jou in stukke begin skeur voordat jy hulp soek vanaf iemand in ‘n pastorale rol in jou lewe nie.

 

God se wapenrusting: (Efesiërs 6: 13 – 17)

• Gordel as waarheid
• God se vryspraak as borsharnas
• Bereidheid om die Goeie Nuus te verkondig as skoene
• Skild van geloof
• God se verlossing as helm
• Swaard van die Gees, dit is God se Woord

 

Oorspronklike artikel: http://www.charismamag.com/blogs/power-up/20588-8-signs-you-are-under-spiritual-attack

Volg ons gerus