Loop jou skotteltjie oor van die trane?

Elke mens ʼn skotteltjie saam met hom dra waarin hy sy trane berg. Loop jou skotteltjie oor?

trane-lvs

In sy boek Say it with love skryf Howard Hendricks, Amerikaanse professor in teologie, dat elke mens ʼn skotteltjie saam met hom dra waarin hy sy trane berg. Hy sê verder dat niemand se skotteltjie leeg is nie – selfs mense van wie daar verwag word om altyd sterk te wees, soos leiersfigure, is nie van probleme en hartseer gevrywaar nie.

Ds. Deon van den Berg, leraar by Lewensverryking Seminare, meen dat baie mense dikwels oorweldig voel deur hul skotteltjies trane. “Mense evalueer dikwels hul hele lewe na aanleiding van probleme wat hulle tans beleef. Hulle soek sin in ʼn wêreld wat andersins in choas gedompel is. Mense voel dan dikwels asof hulle lewe geen doel het nie en dat die Here hul verlaat het.”

Van den Berg meen dit is juis hierdie selfvernietigende gedagtes en optrede wat tydens Lewensverryking Seminare aangespreek word. “By Lewensverryking Seminare word mense gehelp om weer hoop, sin en lewensvreugde te vind.”

Verskeie mense het al getuig oor hoe Lewensverryking Seminare hul lewens verander het en hul verhouding met die Here versterk het.

Jy kan ook jou verhaal oor hoe Lewensverryking Seminare jou lewe verander het, oorvertel.

Geskryf deur Inge Strydom

KLIEK HIER vir meer inligting oor die verskeie seminare wat ons bied.

Volg ons gerus