Vergifnis

Die meeste van ons was al in die netelige situasie waar jy gekonfronteer is met die onvermoë om iemand wat jou leed aangedoen het, te vergewe.

vergifnis

Vergifnis – ʼn bitter pil om te sluk
Die meeste van ons was al in die netelige situasie waar jy gekonfronteer is met die onvermoë om iemand wat jou leed aangedoen het, te vergewe. Soms oortuig jy jouself én die ander persoon dat jy hom of haar vergewe het, maar in werklikheid dra jy steeds swaar aan die las van onvergewensgesindheid en die bitterheid wat daarmee gepaardgaan.

Waarom is die mensdom ongewillig om mekaar te vergewe?
Ds. Deon van der Berg, voltydse leraar by Lewensverryking Seminare, meen die mensdom verkies om mekaar nie te vergewe nie omdat mense hulself probeer beskerm. “Wanneer jy ʼn besluit neem om iemand anders nie te vergewe weens ʼn wandaad wat hulle teenoor jou gepleeg het nie, is jy onder die indruk dat jy ʼn houvas op daardie persoon het. Boonop wys jy aan die ander persoon dat jy hom of haar nie laat wegkom met dít wat hy/sy aan jou gedoen het nie,” verduidelik Van der Berg.

Waarom moet ons vergewe?
Volgens Van der Berg is vergifnis die sleutel tot vryheid omdat jy sonder vergifnis jouself gevangene hou. “Jesus Christus moedig ons in sy Woord aan om mekaar te vergewe omdat Hy die absolute noodsaaklikheid daarvan vir ons geluk en vryheid begryp,” verduidelik hy. “Wanneer jy besluit om onvergewensgesind deur die lewe te gaan, is dit so goed jy drink die gif van bitterheid met die doel en in die hoop dat diegene wat jou leed aangedoen het, daarvan sterf.”

Verlos jouself van alle bitterheid deur die seminare van Lewensverryking
Een van die hoekstene van alle geleenthede wat deur Lewensverryking aangebied word, is om mense met die nodige instrumente en vaardighede toe te rus om die mense in hul lewens werklik te vergewe. Woon vandag nog een van ons seminare by en verander jou lewe en menseverhoudings vir altyd!

KLIEK HIER om meer uit te vind oor die verskeie seminare wat ons bied.

Volg ons gerus