Voel die lewe buite beheer? Onthou hierdie drie dinge

400 jaar. Dit is hoe lank die Israeliete op God gewag het om hulle uit slawerny te verlos. Maar nadat hulle Egipte verlaat het, het God hulle nie direk na hul beloofde land geneem nie.

In plaas daarvan, het hulle by die voet van ‘n berg kamp opgeslaan terwyl God vir Moses ‘n opdrag gegee het. In hierdie tyd het God se heerlikheid op die berg rus.

Maar na veertig dae het die Israeliete gefrustreerd geraak oor die vertraging en het hulle God verwerp en gedoen net wat hulle behaag het.

As jy ooit gefrustreerd gevoel het oor ‘n onsekere seisoen wat langer duur as wat jy verwag het, is jy beslis nie alleen nie.

Wag kan tot teleurstelling en frustrasie lei. In daardie oomblikke kan ons so gefokus wees op ons omstandighede dat ons vergeet dat God steeds in beheer is. As God in beheer is, kan ons dalk vra, waar is Hy dan? Waarom het niks verander nie?

Ek het in my angs gedink: Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp. Tog, U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het.
Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet. Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is…
Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

PSALMS 31:23-25


Hier is drie waarhede om te onthou:

  1. Wag onthul wat jy aanbid
    Toe die Israeliete se planne uitgestel is, het hulle onmiddellike bevrediging nagestreef, want dit is wat hulle eintlik waardeer het.

    As jy ontevrede is met jou situasie, waarheen draai jy dan? Dit waarop jy fokus, onthul wat jy waardeer, en wat jy waardeer, bepaal wat jy aanbid.

  2. Wag word nooit vermors nie
    God het nie sy belofte van die Israeliete weerhou nie – Hy het hulle eerder daarop voorberei.

    God se tydlyn is anders as ons s’n, maar jou gewag kan jou dalk voorberei op die planne en doeleindes wat God vir jou het.

  3. Wag help ons om op God se getrouheid te konsentreer
    God se getrouheid het nie verander nie. Die God wat geduldig die Israeliete beskerm en versorg het, het ook die dood oorwin, sodat jy die ewige lewe kon ervaar.

    As jy bevind dat jy moeg word van wag, kyk dan op en kyk terug. Soek bewyse van God se teenwoordigheid en kyk wat Hy vir jou gedoen het. Dit sal jou help om vas te hou aan hoop.

Om op God te hoop word nooit vermors nie, want die Een wat die dood oorwin het, is steeds in beheer, en Hy werk altyd terwyl jy wag.

Volg ons gerus