Wat beteken die Inperkinstyd vir jou?

Het jy gesukkel, gegroei en verander in jou siening tydens die tyd in afsondering? Wat het jy oor jouself en jou huismense geleer, of vir die wat alleen deur hierdie tyd gaan, wat het jy geïdentifiseer as leemtes en/of vreugdes in jou lewe? Was vrees en angs deel van jou elke dag? Of is jy nog net dieselfde persoon as voor die inperking?

  • Ek weet van menige vriende wat begin het om joernale te skryf en daagliks hul belewinisse getrou neergepen het. Dit help om jou eie diepste emosie te erken en uiting te gee aan jou gedagtegang. Bowendien dien sulke joernale om die geskiedenis tydens die Pandemie te beskryf. Die Pandemie word neergepen in prentjies en woorde, in verse en beskrywende taal.
  • Daar word dikwels voorraad geneem en die kosrakke en yskaste word fluks aangevul om hongersnood te voorkom. Amelia Nierenberg skryf: “Taken together, the pages tell the story of an anxious, claustrophobic world on pause”
  • Gemeenskap word herbou en terminologie soos Zoom , Teams, Meet, virtuele platforms, “live stream” word huistaal en almal is besig om op een of ander nuwe manier aanlyn onderrig te ontvang.
  • Aanlyn verjaarsdag vieringe en selfs die verrassende effek van “Peek-a boo” laat kleinkinders kraai van plesier, terwyl die volwassenes afduik om uit die oog van die kamera te kom.
  • Verhoudinge is belangriker as vergaderings. Skielik word die gewoontlike oproep met ‘n versoek om iets te doen, ‘n oproep of uitreik om te hoor hoe dit gaan, ‘n uitreik van omgee.
  • Almal leef eenvoudiger. Ons het geleer om genot in eenvoudiger dinge te beleef, ‘n flukse stap om die blok, tyd in die tuin, feestelike maaltye en tyd om herwinningsmaatreëls in die huishouding te vestig. Mense spaar geld omdat die plesier van bioskoop, die luukse van reis en uiteet nie moontlik is nie, wat hul in staat stel om vrygewiger te gee en te ondersteun waar dit nodig is.
  • My gebed is dat wanneer ons terugkeer van hierdie tyd van afsondering, dat ons sal beleef het wat die waarde van gemeenskap, omgee vir die in nood, en ‘n leefstyl wat verantwoordelik en volhoubaar is met die begrip dat Moeder aarde ons instandhouding nodig het. Bowenal, om gereed te maak, te wees om voor die Skepper van alle dinge te kan staan, wanneer die dag van oordeel kom.
  • Die Israeliete se ervaring van die Uittog het baie om ons te leer.
  • Ons almal getuig van hoe ons dinge anders gaan doen sodra ons terugkeer na wat ons as normaal beleef het. Net soos die Israeliete is ons, afgesluit, geïsoleer, verward en afgesluit van ons gewone plekke van aanbidding, die kerk.
  • Net soos die Israeliete, nadat hul kerke vernietig is en hul ‘n gevoel van ontwrigting en verlies beleef, beleef sommige van ons in hierdie tyd die massiewe verlies aan inkomste, gemeenskap en samesyn. Soos wat die tyd verloop, beleef ons ook positiewe dinge, ‘n waardering vir dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Klein goedjies word skielik gemis en laat ons hunker met verlange.
  • Die wêreld om ons het onherroeplik verander in sekere opsigte, daarom gaan ons manier van doen soos voor grendeltyd waarskynlik nie werk nie, want die wêreld het aanbeweeg. Baie gemeenskappe gaan geskaad terugkeer van hierdie Pandemie; platgeslaan en finansieël geruineerd en soos so baie kere in die verlede gaan ons iemand of iets anders wil blameer daarvoor. Ons plig as Chirstene is om hierdie verslae mense aan te moedig om positief te bly, selfs al is hul in rou oor ‘n geliefde of iets wat nie meer daar is nie. Selfs begrafnisse is nie meer dieselfde nie en mense ervaar ‘n ontwrigte en verwarde gevoel wat dit vir hulle moeilik maak om te rou en hul emosies te verwoord. Die Bybel is baie uitgesproke oor rou en lamentasie, om plek te maak vir sulke emosies om dit te erken, hanteer en uit te spreek ….dit is belangrik om vorentoe te beweeg.
  • Daar is ‘n merkwaardige geleentheid tydens hierdie krisis. In die middel van vrees en trauma is daar ‘n sigbare herleweing van gemeenskapsgees en die verwerping van selfsug op sosiale media. Ek verwys hier na die manier wat ons erkenning gee aan ons mediese taakvors deur op ‘n sekere tyd hande te klap, ligte te flikker en dies meer.
  • Mense het meer tyd en die internet word gebombardeer met vrae oor doel en bestaan. Mense gryp elke gleentheid aan om op virtuele vlak ‘n seminaar of iets by te woon, selfs diegene wat nie gereelde aanbidders is nie. E-kerk is groot, mense van regoor die wêreld luister of kyk kerk sonder om eers uit die huis te gaan.
  • Die profeet Haleagie Haggai het die Israeliete uitgedaag om hard te werk en nuwe geleenthede te ondersoek nadat hulle uit die woestyn gekom het. Hy het hulle gemaan om diep te dink en te besin, om prioriteite te heroorweeg en te verander en om energiek te herbou. In dit alles, so ook nou in 2020, is God hier, die Heilige Gees is tussen ons ons hoef nie bevrees te wees nie. – (Haggai 2:4-4)
  • Finansieël kry kerke ook swaar, maar in God se ekonomie, is die kerk sterk as dit swak is. Gebed en gemeenskap word prioriteit en die rykdom word nie in rand en sent gemeet nie.
Volg ons gerus