July 4, 2016

Kantoor Personeel

 


Daleen Fourie: Administratiewe Beampte

Ek is gebore en het skool gegaan in Groblersdal, daarna het ek gaan Sake-Administrasie studeer by Technikon Pretoria en is vandag nog woonagtig hier. Ek is in 1998 getroud met Jaco en is geseën met twee pragtige kinders.

Die Here het my gelei na die pos hier by Lewensverryking en dis vir my ‘n absolute voorreg om diensbaar te kan wees om Sy groter doel in mense se lewens te help bewerkstellig.

Ek is die skakel tussen publiek en Lewensverryking en hanteer die navrae, inskrywings en ander administratiewe-take rondom die seminare.
daleen@lewensverryking.co.za


Victor Geldenhuys: Rekenkundige Beampte

Victor is Lewensverryking se finansiesman wat alles hanteer wat met finansies te make het: die prosessering van die debietorders, die betaling van rekeninge en salarisse, die gereedkry van al wat ‘n finansiële staat is vir Direksievergaderings. Victor is ook die een om te kontak vir belastingsertifikate.

Victor is ‘n sterk linkerbreiner, en vele is die geleenthede wat mens op jou neus kyk as jy met ‘n breed interpreteerbare opmerking by hom uitkom. Met sy heerlike humorsin en spitsvondigheid sorg hy vir baie ligte oomblikke. Hy’s ‘n entoesiastiese hengelaar en jagter, en daarby ook ‘n papegaaiboer. Somer en winter is hy vroegmore in sy voëlhokke om seker te maak die voëls het kos en alles is reg. Hy en Rene, sy vrou, is ook al baie jare spanlede by Lewensverryking.
victor@lewensverryking.co.za | finansies@lewensverryking.co.za