Ligloop: Leeu van Juda-reeks

R120.00

Hierdie boek is noodsaaklik vir elke persoon wat iewers met mense met probleme werk, omdat dit ‘n vinnige naslaan bron kan wees, met praktiese wenke en gebede. Dit gee ook net die regte onderbou wat nodig is.

Category:

Description

Geskryf deur Mandie Crous

Hierdie boek is die mees praktiese boek nog oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe wat van deeglike navorsing en praktiese kennis getuig. Waar Mandie duidelik die klem lê op die verskil tussen Lig en duisternis in die geesteswêreld, is dit nooit om ‘n duiwel agter elke bos te soek of te verwag nie. Let Wel: kennis hiervan is baie nodig.

Hierdie boek is noodsaaklik vir elke persoon wat iewers met mense met probleme werk, omdat dit ‘n vinnige naslaan bron kan wees, met praktiese wenke en gebede. Dit gee ook net die regte onderbou wat nodig is.

Die meeste beraders, hetsy predikante, pastore, pastorale beraders of sielkundiges, het dikwels min of geen kennis of ervaring van die onderwerpe van hierdie boek nie. Dit is eintlik ‘n moet vir elkeen wat gewoon by mense betrokke is; ook in hulpverlening. Die boek is ‘n noodsaaklike stuk gereedskap in enige bediening van seerkry mense.

 

Mandie en haar gesin is al vir jare betrokke by Lewensverryking Seminare. Mandie sou van Swellendam na Middelburg (Mpumalanga) reis om as ‘n groepleier/fasiliteerder cum berader te help indien nodig.

Volg ons gerus

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ligloop: Leeu van Juda-reeks”

Your email address will not be published. Required fields are marked *