June 7, 2016

Opvolg naweek vir Egpare

Lewensverryking Seminare se Egpaar Opvolg naweek voel in meer as een opsig soos ’n reunie. Omdat baie van die seminaargangers mekaar alreeds vantevore leer ken het, is dit een groot lekker saamkuier. Baie het met die eerste seminaar probleem-situasies deurgewerk en sake wat pyn veroorsaak het, is genees. Dit het tot gevolg dat die atmosfeer by die opvolgseminaar baie meer ontspanne en vol pret is. Die trant van die seminaar is geestelike verdieping, maar ook romanse, pret en opwinding.

WAAROOR GAAN ONS GESELS?
Dit is God se begeerte na elkeen van sy kinders se huwelike om die beste te wees wat die wêreld nog ooit gesien het. Dis Sy begeerte dat twee mense in die huwelik die “belangrike” goed in hulle lewe sal los om mekaar gelukkig te maak. Dit is regtig moontlik.

Ons gaan saam kyk na vier strategieë wat daagliks deel van ons huwelik moet wees; vier goed wat ons daagliks teenoor mekaar moet uitleef; vier goed wat ons daaglikse ingesteldheid teenoor mekaar moet wees. Dit kan maklik in vier woorde saamgevat word naamlik (1) seën, (2) opbou, (3) deel en (4) aanraak. Deon en sy vrou, Corlie, gaan net die gesprek aan die gang sit en terugstaan sodat egpare met mekaar kan praat en die strategieë een vir een inoefen.

Bywoning van die eerste seminaar is ’n voorvereiste.

 

DIE NAWEEKPROGRAM
VRYDAG
18:00 Verwelkoming
18:30 Aandete
19:30 Gesprek oor SEëN en inoefening
20:30 Afsluiting

SATERDAG
Opstaan en stiltetyd in die bos
08:30 Gesprek oor OPBOU en inoefening
10:00 Heerlike ontbyt
11:00 Gesprek oor DEEL en inoefening
13:00 Piekniek vir twee in die bos
Wildrit
18:30 “Date night”. Formele drag, ete vir twee by kerslig, dans vir die wat wil.
Alleentyd

SONDAG
Opstaan en stiltetyd in die bos
08:00 Ontbyt
09:30 Gesprek oor AANRAKING en inoefening
11:00 Koffie en ietsie lekker
11:30 Afsluiting

Koste: R2520 per paar, alles ingesluit – piekniekmandjie, heerlike driegang maaltyd by “date night” ens.
Sluit akkommodasie en etes in by Shammah Game Lodge, sowel as al die seminaarkoste.

Datums van seminare:
12 – 14 Mei 2017 (kliek hier om te bespreek)
11 – 13 Aug 2017 (kliek hier om te bespreek)
10 – 12 November 2017 (kliek hier om te bespreek)

SLEGS 18 PLEKKE BESKIKBAAR PER NAWEEK

Kliek hier vir meer inligting oor Shammah Game Lodge se fantastiese fasiliteite.