June 7, 2016

Opvolg naweek vir Enkellopers

enkelopvolg-header

Lewensverryking Seminare se Opvolg naweekvir Enkellopers voel in meer as een opsig soos ’n reunie. Omdat baie van die seminaargangers mekaar alreeds vantevore leer ken het, is dit een groot lekker saamkuier. Baie het probleem-situasies deurgewerk en sake wat pyn veroorsaak het, is genees. Dit het tot gevolg dat die atmosfeer by die seminaar baie meer ontspanne en vol pret is. Die trant van die seminaar is geestelike verdieping, en ’n verkenning van maniere waarop alleen wees sinvol hanteer kan word, en selfs geniet kan word.

Temas wat bespreek word is die volgende:

  • My tyd met God: Praktiese sessies waarin jy kan stil word voor die Here.
  • Stres en uitbranding (1): Ons kyk na stres en uitbranding wat die vreugde van die lewe steel.
  • Stres en uitbranding (1): God gee riglyne vir ‘n lewe sonder stres en uitbranding.
  • Angs en vrees: Vrees is van die Satan. Hoe kry jy vryheid in Christus?
  • Die Vaderhart van God: Ons beeld van God as Vader word sterk beïnvloed deur ons beeld van ons aardse pa’s wat maar sondige en gebroke mense is. Hoe word die beeld herstel?
  • Verskillende aspekte van seën: Die Bybel leer dat ons mekaar moet seën. Hoe doen ons dit?
  • Kreatiewe alleenwees: Wenke om die pyn en groef van eensaamheid hok te slaan, word bespreek.
  • Seksualiteit en verhoudings: Praktiese riglyne en wenke word gegee oor hoe om my seksualiteit as enkelloper te hanteer.
  • ‘n Lewe in eenvoud: Hoe om in die gejaagde lewe met al sy eise te oorleef en staande te bly.
  • “The Pineapple Story”: Die verhaal van ‘n sendeling wat op ‘n praktiese manier geleer het dat God Here van sy lewe wil wees.

Datum van opvolg-seminaar:
15 – 18 Junie: Enkel Opvolg seminaar, Middelburg (kliek hier om in te skryf)

Datum van opvolg bederf naweek:
4 – 6 Augustus: Bela Bela (kliek hier om in te skryf)

 

Koste: R1150 per persoon.
Sluit akkommodasie, etes en al die seminaarkoste in.