Is selfmoord sonde?

Baie mense wonder of dit ‘n doodsonde is om selfmoord te pleeg. Wat hulle veral pla, is die vraag: Kan iemand wat sy eie lewe geneem het, nog in die hemel kom?

selfmoord-sonde

Die sesde gebod sê baie duidelik: “Jy mag nie moord pleeg nie.” Enige vorm van moord en doodslag is verkeerd, ook selfmoord. Die Heidelbergse Kategismus sê in sy verklaring van hierdie gebod: “Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie.”

God is die Gewer van die lewe. Elke baba wat gebore word, is geskenk van God aan sy of haar ouers. Niemand het dus die reg om te besluit oor die lewe van enige mens nie – behalwe in die geval van ’n regter wat moordenaar ter dood veroordeel en wat as regter in diens van God staan (Rom. 13). Niemand mag dus ook besluit daaroor of hy sal lewe of nie.

Niemand van ons het egter die reg om selfmoordenaar te veroordeel en te verdoem nie. Jesus het gesê dat slegs die mens wat sonder sonde is, die reg het om klippe na ander te gooi. Maar wie van ons is sonder sonde? Daarby moet mens onthou dat selfmoordenaar gewoonlik onder geweldige emosionele spanning verkeer. So persoon kan ook in baie diep put van depressie wees of hy kan soveel probleme hê dat hy geen oplossing meer daarvoor sien nie. Vir so mens hou die lewe geen sin meer in nie. Daarom sal dit baie voorbarig wees om oordeel uit te spreek oor iemand wat sy of haar lewe neem.

Kan selfmoordenaar in die hemel kom? Dit hang uitsluitlik af van so persoon se verhouding met Jesus Christus. Indien iemand tot wedergeboorte gekom het en in Christus glo, dan belowe die Here aan hom die ewige lewe (Joh. 3:16). Alle wedergeborenes en alle gelowiges hou aan sonde doen, maar ons glo dat daardie sonde nie my saligheid kan affekteer nie: Daar is dan nou geen veroordeling vir hulle wat in Christus Jesus is nie Rom. 8:1. Hier word gelowige tog vir altyd regverdig verklaar. (Heidelbergse Kategismus, Vraag en antwoord sestig. En Hy belowe tog niemand sal hulle uit my hand ruk nie Joh. 10:27, en, omdat julle glo word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid 1 Petrus 1:5.

Die fout wat mense maak is om te dink dat selfmoordenaar nie die geleentheid gehad het om sy sonde te bely en so vergifnis te ontvang nie. As dit waar sou wees van alle sonde, maak dit my saligheid afhanklik van my krampagtige sondebelydenis. Daarvolgens verdien ek dan my saligheid deur my sondebelydenis. Van Christus se versoeningswerk kom daar dan niks tereg nie.

Indien dit dan sou gebeur dat wedergeborene die sonde van selfmoord begaan, is dit sonde wat God soos enige ander sonde nooit kan goedkeur nie. Maar dit is ook sonde wat deur Christus vergewe word en wat so mens dus nooit uit die hemel sal hou nie.

Geskryf deur Sors Geldenhuys