Hoe bespreek ek my plek?

Die volgende stappe moet gevolg word om te bespreek:

Gaan na ons webwerf toe:  www.lewensverryking.co.za

Gaan na “Seminare” toe en kies die seminaar wat jy in belangstel.

Heel onder op die seminaar se bladsy is ‘n blou knoppie “Bespreek hier” – jy gaan dan die volgende stappe moet doen:

I am text block. Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Stap 1:

Registreer heel eerste (Slegs eerste keer) – onthou om die captcha in te vul sodat ons weet jy is nie ‘n robot nie.

Stap 2: 

Jy sal ‘n e-pos ontvang om jou Registrasie te bevestig, na jy dit bevestig het kan jy gaan inteken.

Stap 3: 

Teken in met jou e-pos adres en Wagwoord wat jy met Registrasie ingevul het, onthou om die captcha in te vul sodat ons weet jy nie ‘n robot is nie.

Stap 4:

Kies “Seminaargangers” en gaan laai al die persone wat die seminaar gaan bywoon.  Jy laai elke persoon slegs een keer op die stelsel, indien jy in die toekoms weer ‘n seminaar bywoon sal die persoon reeds daar beskikbaar wees om te kies.  Sodra al die persone geskep is onder seminaargangers is die volgende stap om die bespreking te gaan maak.

Stap 5:

Kies nou “Besprekings” om jou seminaar wat jy wil bywoon te bespreek.

Kies “nuwe Bespreking”

Stap 6: 

Kies heel eerste die Seminaar wat bygewoon gaan word.

Stap 7: 

Voeg dan die seminaarganger(s) by as individu(e).

Stap 8: 

Soos jy seminaargangers byvoeg sal die totale koste bereken word.

Stap 9: 

Wanneer jy al die seminaargangers gelaai het druk jy op die Laai my Bespreking knoppie om die bespreking te voltooi.

Stap 10: 

Jy sal ‘n e-pos ontvang wat die seminaar besonderhede, bedrag verskuldig en die bankbesonderhede bevat.  Kyk asb. in die spam/junk folder aangesien dit party keer daarin beland.

Onthou jy hoef net 1 keer te registreer, daarna sal jy net elke keer moet inteken om jou besprekings vir ‘n seminaar te kan doen/sien.

Indien jy nie reg kom nie of vrae het is jy welkom om die kantoor te kontak:

083 251 6725    |    087 095 0512    |    info@lewensverryking.co.za