The event is expired
As jy al die enkel seminaar bygewoon het is die opvolg seminaar net vir jou.
Ons gesels oor:
- My Skepper, my roeping: Elke mens is met ‘n spesifieke doel geskape, en kan gelukkig wees indien hy daarvolgens lewe.
- Geloofsekerheid: Jy kan seker wees dat jy ‘n kind van God is.
- Kommunikasie en konflikhantering: Twee van die grootste probleemareas in die lewe vandag, kom onder die vergrootglas.
- Vergifnis: Kom beleef die vryheid van vergifnis.
- Man- en vrouwees: Die wese, behoeftes en verskille word bespreek.
- Selfbeeld: Die wyse waarop ek na myself kyk, bepaal my optrede.
- Seksualiteit: Seksualiteit in die enkelpersoon se situasie word bekyk.
- Vriendskap: Ons gesels oor hoe God dit bedoel het.
- Gemoedsgenesing: ’n Toeligting van en gebed om letsels uit die verlede te genees.
- ‘n Toekoms met verwagting: Hoe om geestelike te groei op die pad vorentoe.