June 8, 2016

DIP180

vat-hande

DIP180 is ’n aanlyn fondswerwing projek deur ’n gemeenskap van kampioene wat ’n hart vir ander mense het. Dis ware Aktiviste wat iets vol pret doen en dit geniet terwyl hulle ’n verskil maak.

Hoe kan jy aktiveer as Aktivis?
Baie maklik. Volg net die volgende stappe:

  • Dink net aan ’n snaakse, prettige aktiwiteit wat anders en buitengewoon is, soos om in jou nagklere met krullers in jou hare deur ’n groot mall te stap. Julle kan ook as groep vriende iets prettig saamdoen.
  • Register jou aktiwiteit of julle groep aktiwiteit op “Word ’n Aktivis”.
  • Kry jou familie, vriende, kollegas om jou of julle te borg.

Vat HANDE met ander lede van die Lewensverryking familie, om iets heeltemal ongewoon en vol PRET te doen!

So is jy in?
Dit is ‘n projek met ‘n HART om ‘n VERSKIL in and mense se lewe te maak deurdat jy iets PRETTIG gaan doen!

Besoek ons Dip180 webwerf vir meer inligting: www.dip180.co.za

Wil jy sien wat ander aktiviste al gedoen het? KLIEK HIER