November 17, 2019

Sinvol lewe na 50

Hierdie seminaar is vir jou as jy meer wil ontdek en beleef.

Wil jy die beste maak van die lewe? Wil jy nog meer ontdek van sin en vreugde? Besef jy daar is nog meer om te beleef? Besef jy dat jou wonderlike jare nog voorlê? Beleef die seisoen waarin jy nou beweeg as die beste? Beleef ʼn nuwe vryheid en geluk.

Temas wat bespreek word is die volgende:

  • Die Uitdagings en vreugde van ouer word
  • Hoe om Verliese en Vergifnis te hanteer wanneer ons Ouer word
  • Seisoene en Skuiwe wanneer ons Ouer word
  • My nuwe Posisie en Plek in die Samelewing
  • Gesonder en Gelukkig Ouer word
  • Leef voluit… die Beste lê nog voor

Terugvoer van vorige seminaargangers:

  • Dit is ʼn eye-opener!
  • ʼn Absolute belewenis
  • Dit was baie tydig. Ek dink nou anders oor ouer word
  • Skitterend soos manna uit die hemel
  • ʼn Nuwe wêreld het vir my oopgegaan

Datum van 50+ seminaar:
27-28 Februarie: Pure Joy Konferensie Sentrum, Kameeldrift –
https://bit.ly/50PLUS-FEB2021 UITGESTEL TOT VERDERE KENNISGEWING

R1400 p.p enkelkamer/R1200 p.p deelkamer
*Kostes sluit verblyf, etes en seminaarmateriaal in.

Aangebied deur Martiens Swart