June 7, 2016

Opvolg naweek vir Egpare

Lewensverryking Seminare se Egpaar Opvolg naweek voel in meer as een opsig soos ’n reunie. Omdat baie van die seminaargangers mekaar alreeds vantevore leer ken het, is dit een groot lekker saamkuier. Baie het met die eerste seminaar probleem-situasies deurgewerk en sake wat pyn veroorsaak het, is genees. Dit het tot gevolg dat die atmosfeer by die opvolgseminaar baie meer ontspanne en vol pret is. Die trant van die seminaar is geestelike verdieping, maar ook romanse, pret en opwinding.

WAAROOR GAAN ONS GESELS?
Dit is God se begeerte na elkeen van sy kinders se huwelike om die beste te wees wat die wêreld nog ooit gesien het. Dis Sy begeerte dat twee mense in die huwelik die “belangrike” goed in hulle lewe sal los om mekaar gelukkig te maak. Dit is regtig moontlik.

Ons gaan saam kyk na vier strategieë wat daagliks deel van ons huwelik moet wees; vier goed wat ons daagliks teenoor mekaar moet uitleef; vier goed wat ons daaglikse ingesteldheid teenoor mekaar moet wees. Dit kan maklik in vier woorde saamgevat word naamlik (1) seën, (2) opbou, (3) deel en (4) aanraak. Deon en sy vrou, Corlie, gaan net die gesprek aan die gang sit en terugstaan sodat egpare met mekaar kan praat en die strategieë een vir een inoefen.

Bywoning van die eerste seminaar is ’n voorvereiste.

Datums van seminare:
24-27 September:  Egpaar Seminaar OPVOLG (Pure Joy Konferensie Sentrum, Gauteng) R3750 http://bit.ly/EGPAAR-OPVOLG-SEPT2020

*Kostes sluit verblyf, etes en seminaarmateriaal in.