ben-lambert-Ephl72X4QYU-unsplash
Getuienisse

Enkel seminare

“Ek het vir 22 jaar lank weggehardloop vir die pyn in my lewe en het altyd verskonings gehad en was baie bang om na die seminaar toe te gaan. Ek het volkome genesing ervaar en die Here se totale liefde en aanvaarding!”
“Rustigheid en vrede gekry oor vrae wat ek gehad het. Dit het my net nader gebring aan die Vader en my gewys dat ek nie moet ophou glo en vertrou vir ’n droom en plan met my lewe nie.
Hy sal dit wys op Sy tyd.”
“Rustigheid en vrede gekry oor vrae wat ek gehad het. Dit het my net nader gebring aan die Vader en my gewys dat ek nie moet ophou glo en vertrou vir ’n droom en plan met my lewe nie. Hy sal dit wys op Sy tyd.”
“Vir my was die seminaar goed in die sin dat ek ’n tydjie eenkant kon sit vir myself om aan my verhouding met die Here te werk. Soms raak die lewe besig en dis so belangrik om net tyd saam met die Here te spandeer.”
“Ek het van stil na baie praat gegaan. Wonderlik. Die Here het my gevul met liefde en vrede. Ek het aan die deur geklop en daar is vir my oopgemaak.”
“Die Here het my gewys dat ek nog iemand moet vergewe en vryspreek en seën.”


“My hoogtepunt is dat ek nuwe vriende ontmoet het en my hart weer kon herstel.”


“Ek weet nie wat of wanneer dit verander het nie, maar ek gaan as ’n ander mens weg as wat ek hier aangekom het.”

Enkel Opvolg seminare

“Almal is gelyk – God het ons almal geskape – raak stil en luister na God se stem. Stiltetyd met God. Ek wil nie net hoor nie; ek is bereid om te doen waar God my sal gebruik.”
“Lewensverryking Seminare – the name says it all! Dis presies wat dit vir my gedoen het. My lewe het verander.”


“Ek het ervaar dat ek regtig alles aan die Here moet en kan oorgee. Let go and let God.”


“Dit was baie cool om ander mense se stories en struggles te hoor en om daaruit te kan leer.”


Egpaar seminare

“Die seminaar en lesings het vir ons die geleentheid gegee om oor dinge te gesels wat ons nie noodwendig besef het ’n probleem kan wees nie. Ons het weereens besef hoe belangrik dit is om God as middelpunt van ons huwelik te hou.”

“Ek het gesien hoe goed die Here vir ons elkeen kan wees, maak nie saak wat ons agtergrond is of waar ons vandaan kom nie. As ons almal in een God glo, is ons ’n Christelike familie wat goed oor die weg kan kom en tyd saam met mekaar kan spandeer om mekaar te bemoedig.”
“Regtig lewensverrykend! So spesiaal, en ek is dankbaar dat ek hier kon wees—dankie! Ek voel dit is broodnodig vir elke mens om hierdeur verryk te word. Ek gaan al my sussies en ouers aanmoedig om ook die seminaar by te woon.”

“Ek dink die seminaar het net weer my oë gefokus op dit wat regtig saak maak, en om Hom in alles te sien en te vertrou.”




“Ek kon vrede maak met my verlede en ’n nuwe begin maak.”

“Vergifnis het my bevry.”


“Ons het verskeie dinge prakties ervaar en beleef. Die pad vorentoe is lig en vol hoop. Dankie!”
“We came here to grow as a couple, and we did—even more than we expected.”

Huweliksvoorbereiding seminare

“Ek is baie dankbaar dat ek my verloofde beter kan verstaan — as vrou en as ’n mens met haar eie persoonlikheid en haar eie verlede. Ek het die regte hulpmiddels gekry om aan ons toekoms te werk. Ek moes myself ook om vergifnis vra en erken dat ek sekere probleme het. Ek is nou op pad om dit reg te stel en om die man vir God en my vrou te wees wat sy verdien.”
“Dit het my geleer hoe om ‘n goeie vrou te wees vir my aanstaande. Hoe ons saam na die Here toe stap. Ek het geleer hoe ons mooier konflik kan hanteer. Ek het al die lesings neergeskryf en gaan definitief weer daarna kyk. Ek is bevry van al my toue. Ek het dit geniet om so baie van myself, geloof en my verloofde te leer. Dit is baie lekker en ek sal dit definitief aanbeveel.”
“Die seminaar het my oë oopgemaak en weereens laat sien hoe belangrik dit is om reg te kommunikeer en by mekaar te leer en dit alles te doen met die Here as die middelpunt van die verhouding met ‘n geloofsekerheid wat nie gekud kan word nie.”



“Ek voel ligter. Ek voel ook meer toegerus en asof ek regtig nou eers reg is om te trou. Ek het baie geleer. Duidelikheid gekry oor dinge wat ek geweet het, maar nog steeds gewonder het. Ek sien uit om hierdie boekie deur te werk saam met my maat.”



“Die seminaar het dinge na vore laat kom in my toekomstige man wat moontlik ons huwelik gered het nog voordat dit begin het. Ons vertrou die Here vir ‘n deurbraak.”
“Die seminaar het my vry gemaak van bande van onvergewensgesindheid. Dit het my geleer om mans en vrouens beter te verstaan.”
“Die seminaar het my en my verloofde nader aan mekaar gebring, ‘n veilige plek geskep om oor moeilike onderwerpe te praat. Baie dankie.”
“Ek voel my toolbox is na die naweek vol gemaak vir my huwelik. Ek sal dit verseker aanbeveel vir enige paartjies wat binnekort gaan trou.”

Tienerkamp

“Die lekkerste deel was om stiltetyd te hou, al my sondes wat vergewe is en om al my vriende te kon sien.”
“Dis lekker om saam met God te wees en te weet dat Hy altyd daar sal wees vir my.”

“Dit was ‘n amazing kamp want ek het so baie geleer.”

“Dankie vir die Here. Ek was voor die kamp nie naby aan God nie, maar nou voel ek dat die Here my vergewe het.”
“Dit wat die meeste vir my beteken het op die kamp is dat ek Hemel toe gaan.”

“Dit was ‘n great kamp.”


“Dit was lekker om nuwe vriende te maak en dat ek vergifnis kon vra en van al my laste ontslae kon raak.”
“Dit was lekker om nuwe vriende te kon maak en om my hart vir die Here te kon gee.”