Voorbidding

Voorbidding is meer as algemene gebed. Daar is ‘n intensiteit wat gewoonlik nie met gewone gebed plaasvind nie. Dis nie net smeking nie, dit sluit dit wel in, maar is meer as dit. Dit sluit ook danksegging, aanbidding, lofprysing en sondebelydenis in, maar is nog meer. Dit is om gesag uit te oefen terwyl ‘n geestelike posisie van krag in Jesus Christus ingeneem word.

Ons benodig voorbidders om saam met ons te bid vir seminaargangers, hul beskerming en deurbrake, die sprekers en spanlede, finansies vir die bediening ens.

Indien jy ’n voorbidder/intersessor is, en jy voel dat jy graag vir die seminare as voorbidder wil optree, kontak asb. die kantoor.

Tel: 087 095 0512

E-pos: info@lewensverryking.co.za

 

Berading

Skakel gerus die kantoor by 087 095 0512 vir verdere navrae.

Indien persone nie in Pretoria kan kom vir berading nie, kan goed opgeleide Lewensverryking spanlede aanbeveel word elders in die land.