Sors en Lida was ’n leeftyd by Lewensverryking Seminare betrokke. Hulle het 5 kinders van die Here ontvang, 4 seuns en ’n dogter. Hulle is ook geseën met 10 kleinkinders en is baie trots op elkeen van hulle. Op 3 Augustus 2018 is Sors deur die Here geroep tot hoër diens en is hy oorlede.
Terwyl Sors as apteker gepraktiseer het, het die Here hom geroep om voltyds in Sy diens te staan. In 1971 begin hulle as predikantspaar in hulle eerste gemeente. Dit het vir hulle ‘n passie geword om in die woorde van Kolossense 3 die Here in alles wat hulle doen, te verheerlik. Vers 17, NLV, Verder doen alles of dit nou met woorde of dade is – asof julle dit namens die Here Jesus doen. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.
In 1975 het hulle in ’n nuwe gemeente begin werk waar hulle later in 1980, op aandrang van sakevriende, Lewensverryking Seminare begin het as ‘n firma van die Here.